Parool / Parole

Parool / Parole

AfrikánčinaEbook
Breytenbach, Breyten
Penguin Random House South Africa
EAN: 9781770229198
Dostupné online
13,17 €
Bežná cena: 14,64 €
Zľava 10 %
ks

Podrobné informácie

Parool / Parole is 'n keur van sy toesprake wat steeds literere, politieke en filosofiese vure aansteek. Elke redevoering - wat tussen 1968 en 2015 in Afrikaans en Engels by verskeie geleenthede regoor die wereld gelewer is - skakel historiese momente in die ontwikkeling van die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse letterkunde met sleuteloomblikke in Breytenbach se loopbaan en lewe. So staan sy toespraak by die Sestiger-somerskool in 1973 uit as 'n waterskeidingsmoment vir Afrikaanse skrywers se benadering tot sosiale betrokkenheid in hul werk. In sy Rapportprys-aanvaardingstoespraak, in 1986, konfronteer Breytenbach Afrikaners kaalvuis oor hul instandhouding van 'n apartheid-polisiestaat. En wie sal Breytenbach se pleidooi in die Paleis van Justisie in 1975, waar hy hom wend tot die regter wat hom uiteindelik tronk toe sou stuur op aanklag van terrorisme, kan vergeet? Die onlangse huldeblyk by Andre P. Brink se gedenkdiens in Kaapstad bevestig weer eens die skrywer se verbintenis tot sy ambag, en hoe 'n sin vir moraliteit sy kreatiewe uitset omraam. Die toesprake in Parool / Parole, waarvan heelparty nog nie voorheen gepubliseer is nie, verskaf waardevolle insigte in die denkwereld van 'n grensverskuiwende woordkunstenaar
EAN 9781770229198
ISBN 1770229191
Typ produktu Ebook
Vydavateľ Penguin Random House South Africa
Dátum vydania 1. októbra 2015
Stránky 224
Jazyk Afrikaans
Autori Breytenbach, Breyten