Joost en Amor

Joost en Amor

AfrikánčinaEbook
Prins, Gavin
Penguin Random House South Africa
EAN: 9781770225992
Momentálne nedostupný titul
Momentálne nedostupné na stiahnutie
9,41 €
Bežná cena: 10,45 €
Zľava 10 %

Dostupné formáty

Podrobné informácie

Die gevierde Springbok-rugbyheld Joost van der Westhuizen en sy vrou, die sangeres Amor Vittone, was 'n glansryke paartjie wat die verbeelding van menige Suid-Afrikaner aangegryp het. Hulle het as hul land se eie &quote;Posh en Becks&quote; bekend gestaan en was geseend met sukses, roem, ophemeling deur die publiek, en 'n oenskynlik gelukkige huwelik. Totdat 'n skokberig oor 'n seksvideo op die voorblad van 'n plaaslike Sondagkoerant verskyn het ... In hierdie boek vertel Gavin Prins, die welbekende joernalis en 'n persoonlike vriend en vertroueling van die Van der Westhuizens, nou die storie agter die storie - die een wat nog nooit tevore gepubliseer is nie. Prins, wat die seksvideo-skandaal op die voorblad van Rapport bekend gemaak het, beskryf hoe 'n eenvoudige plaasseun wat 'n nasionale rugbyheld geword het, sy droomvrou ontmoet en met haar getrou het - en toe op die mees openbare en vernederende manier in ongenade geval het. Sy bekentenis het 'n sekere mate van bevryding meegebring - totdat 'n lewensgevaarlike siekte hom op sy knie gedwing het Hierdie kragtige vertelling, wat dikwels skokkend maar uiteindelik opheffend is, is die ware verhaal agter die opspraakwekkende opskrifte wat Suid-Afrika se bekendste paartjie geteister het.
EAN 9781770225992
ISBN 1770225994
Typ produktu Ebook
Vydavateľ Penguin Random House South Africa
Dátum vydania 10. októbra 2013
Stránky 225
Jazyk Afrikaans
Autori Prins, Gavin