Broers in die Stryd

Broers in die Stryd

AfrikánčinaEbook
Schoeman, Chris
Penguin Random House South Africa
EAN: 9781770223561
Dostupné online
10,04 €
Bežná cena: 11,15 €
Zľava 10 %
ks

Dostupné formáty

Podrobné informácie

Met die uitbreek van die Tweede Anglo-Boereoorlog in 1899 het 'n groot aantal Hollanders en Hollandse uitgewekenes by die Boere aangesluit. Hul redes het gewissel van lojaliteit teenoor hul gemeenskaplike afkoms tot sterk anti-Britse gevoelens en 'n soeke na avontuur. Broers in die stryd vertel van hierdie vrywilligers se beproewings - die meeste van hulle was ongewoond aan Suid-Afrika se ruwe landskap en strawwe klimaat. Aanhalings en persoonlike staaltjies uit hul dagboeke en memoires skilder 'n lewendige beeld van hul ontberings op kommando, die gedonder en chaos op die slagveld, en die trauma van kamerade wat rondom hulle sneuwel. Van die bekende figure in die boek is Cornelius van Gogh, broer van die skilder Vincent van Gogh; Frans Oerder, wat die Transvaal se eerste amptelike oorlogskunstenaar geword het; Jochem van Bruggen, wat die gesogte Hertzogprys vir Afrikaanse letterkunde vier keer gewen het; en ds. Herman van Broekhuizen, wat in 1896 vir Suid-Afrika rugby gespeel het en later as Suid-Afrikaanse ambassadeur in Den Haag gedien het. Broers in die stryd dek die hele spektrum van die Hollanders se rolle as soldate aan die verskillende gevegsfronte, ambulanspersoneel en militre attachs, en hul lewe in oorsese krygsgevangenekampe.
EAN 9781770223561
ISBN 1770223568
Typ produktu Ebook
Vydavateľ Penguin Random House South Africa
Dátum vydania 30. októbra 2012
Stránky 286
Jazyk Afrikaans
Autori Schoeman, Chris