Ena Murray Omnibus 40

Ena Murray Omnibus 40

AfrikánčinaEbook
Murray, Ena
Queillerie
EAN: 9780624065685
Momentálne nedostupný titul
Momentálne nedostupné na stiahnutie
15,42 €
Bežná cena: 17,13 €
Zľava 10 %

Podrobné informácie

Sonneblomstraat 7Die kaartehuis van Niel en Wanya Cloete stort in duie die dag toe Niel, grootbaas van Rock Trust en wonderkind van die finansile beleggingswreld, as swendelaar ontmasker word. Duisende beleggers, onder wie ou mense wat hul laaste bietjie spaargeld verloor, bevind hulle skielik reddeloos op straat. Ook Wanya kom nie skotvry daarvan af nie. Terwyl Niel in die tronk sit, moet sy die gelag betaal. Sy word verder in trurat geslinger toe sy n 'n oortreding tot gemeenskapsdiens in tant Bes se sopkombuis in Sonneblomstraat 7 gevonnis word. Maar eintlik is dit 'n bedekte sen, want hier leer sy mense en waardes ken wat haar lewe voortaan onherroeplik sou verander . . . onder andere Roelof Rossouw, die maatskaplike werker wat 'n ogie oor haar moet hou. In Sonneblomstraat 7 val die meetsnoere vir baie mense tog in lieflike plekke - al kos dit meet en pas om liggaam en siel aan mekaar te hou. Die dae van ons nietigheidDie probleem met Lizl Landman is dat sy briljant is. Beeldskoon, blond, 'n gekurfde droom . . . maar te professioneel perfek vir Willem Claassen se ego. Die twee top mediese studente is in ewige kompetisie. En die liefde hou nie van kompetisie nie. Lizl weier om haar toekomsdrome as dokter te verpand vir 'n tradisionele huwelikslewe. Eers n tien jaar kruis hul paaie - en swaarde - weer wanneer Fritz Hancke, skatryk boer en pasint van Willem, in 'n stadshospitaal beland. Haar diagnose: kwaai griepaanval en bloeiende maagseer. Sy diagnose: Kongokoors. Saal B3 word onder kwarantyn geplaas, so ook Lizl. Een verkeerde diagnose, en skoppensboer se lag klink skel in haar hospitaal, haar gewete, haar hart. Soveel lewens kom op die spel . . . In Die dae van ons nietigheid moet ook Willem en Lizl leer: Met tyd speel jy nie - ons lewe in die dae van nietigheid. Die uurglas loop leegKarien Saayman, wie se lewe altyd so op koers was, se kompas is aan't wankel. Die hospitaal waar sy verpleegsuster is, se Don Juan, dr. Arnold Lutz, het sy oog op haar en sy weet nie hoe om sy onwelkome attensies die hoof te bied nie. Selfs die feit dat sy met Hannes Eksteen, vooruitstrewende boer van die plaas Franskraal, trou, skrik die voortvarende dr. Lutz nie af nie. Dan verskyn dr. Christian Willems, briljante chirurg, op die toneel, en in plaas daarvan dat hy vir haar uitkoms bied, word Karien se lewe net verder deurmekaar gekrap. Uiteindelik is dit 'n terminaal siek meisietjie van vyf wat vir die erg beseerde Hannes en die ander weerlose en ontredderde grootmense die pad na herstel aanwys. In Die uurglas loop leeg is daar veral een lewensles te leer: om voluit te leef is 'n gawe wat elkeen self moet ontdek.
EAN 9780624065685
ISBN 0624065685
Typ produktu Ebook
Vydavateľ Queillerie
Dátum vydania 12. decembra 2013
Stránky 404
Jazyk Afrikaans
Krajina Uruguay
Autori Murray, Ena